Pentagram

’n Eenvoudige voorbeeld van ’n pentagram.
Deur die verhouding van die gulde snede word die simbool tot in die oneindigheid voortgesit. Die binneste pentagram het ’n omgekeerde oriëntasie.

’n Pentagram is ’n vyfpuntige ster wat met vyf reguit lyne getrek word en is een van die oudste simbole in die wêreld. Dit is al meer as 4 000 jaar voor Christus gebruik. Die naam stam van die Griekse πεντάγραμμον (pentagrammon), wat vyf lyne beteken. ’n Ou woord vir die pentagram is ’n drudevoet.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search